©2018 by ZadOak. Proudly created with Wix.com

  • Facebook - Grey Circle
  • YouTube - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle

blog

from the overflow of our heart

Search
  • Edgar Trollip

Intimiteit


Jaag.

Asem in.

Asem uit.

Jaag.

Asem.

Kort asem.


'Hierdie jaar kan nou maar einde kry' hoor ek 'n kollega in die agtergrond murmer na 'n gejaagde en gekompliseerde jaar. Almal is gejaag. Jy jaag na 'n volgende afspraak of werksverpligtinge of familie of selfs na 'n vakansiebestemming. 

Jip, selfs tot na ons vakansiebestemmings jaag ons. Wat besiel ons? Ons het totaal en al voeling verloor met kwaliteittyd en diepte en egtheid van verhoudings.

Dis veral 'n uitdaging wanneer dit kom by ons fokus en tyd op 'n geestelikevlak. Daar heers 'n geweldige stryd in die gees vir ons fokus en tyd. Intimiteit met ons Vader kom teen 'n prys en daar moet geveg word om dit te behou. Yeshua het vir ons die voorbeeld gestel van afsondering en gemeenskap met Abba. 


Hy sonder Homself af in die natuur om Sy Abba se aangesig te soek. Hy nooi Sy vissermansvriende om saam met Hom te kuier. Brood en wyn is aan die orde van die dag. Gemeenskap. Sonder dit het ons nie deel aam Hom nie.


Eden se oorvloed en Getsemane se bloedsweet ontmoet in Yeshua. Hy wil ons terug vat na die tuin. Na 'n plek van stil raak. Die plek van intimiteit. Waar tyd stil staan saam Hom.


Wees waaksaam.

Bid hard.

Breek brood.

Drink wyn.

Wees een met Hom.


31 views